Short description
Met Aucamp se kenmerkende vermoë om vrye denke en ou waardes, humor en besinning te kombineer, boei hy die leser in hierdie bundel verhale en essays. Hy neem die leser op reis na ver plekke, maar bowenal op ‘n binnereis. Aucamp debuteer in 1963 en publiseer 55 kortprosaversamelings, 5 digbundels en liedtekste. Hy verower, onder andere, die Tafelberg-, WA Hofmeyr-, ATKV-drama-, Hertzog- en Fleur du Cap-pryse vir sy werke. - Protea Boekhuis, nuusbrief 131.