Broodsonde

Author:
Annelie Botes
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R175.95
eBucks:eB1760

South Africa

Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com

Broodsonde

Short description

Annelie Botes se lewe verdig hier tot verhaal. Dié skryfster moet – ná ‘n mislukte beleggingskema – gaan oumense oppas in Rooinekland met ‘n geldwolf op haar hakke. Dis ‘n besielde én nugter gees aan die woord. Bowenal is dit onbevreesd. Sy skroom nie om te sê wat skort met ons spul boertjies hier aan die suidpunt nie. En sy doen dit met fyn én dik hale van die kwas.

Long description

Baie lesers sit al lank en wag vir hierdie koerantstukke van Annelie Botes. Sy het 'n seldsame vermoe om vrouens en mans te betrek by 'n wereld wat tog wel gesien word uit die standpunt van 'n vrou. Die (soms woeste) aantreklikheid van haar werk het daarmee te doen dat sy nooit ingeval het by die getraliede denke van die meeste Afrikaanse stedelike mense nie. Sy het, hoewel sy voorstedelik woon, die voorstedelikheid deurbreek. Sy - en ook haar skryfwerk - is intuitief en spontaan. Tog bly sy, opvlammend soos sy is, oer-Afrikaner. En dit is juis die deurbreek van primordiale dinge wat haar werk lekker maak. Nie sommer net fynlek-lekker nie - bekvol lekker. Maar wees gewaarsku - dis nie dikvreetgoed nie, dis proegoed. Alhoewel die rubrieke die effens opgejaagde hartslag van dagnuus bevat, is dit die storie van Annelie Botes se lewe wat hier verdig tot verhaal. Die skryfstervrou moet 0 na 'n mislukte investeringskema - gaan oumens oppas in Rooinekland met 'n geldwolf op haar hakke. In hierdie titel is 'n besielde en nugter gees aan die woord, 'n kombinasie wat mens nie dikwels raakloop nie. Bowenal is dit onbevreesd. Annelie Botes skroom nie om te se wat skort met ons spul boertjies hier aan die suidpunt nie. En sy doen dit met fyn en dik hale van die kwas.

Product details

Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd
ISBN:
9780624044420
Publication date:
July 2006
Length:
215mm
Width:
137mm
Weight:
265g
Pages:
288

Other products to consider

Saartjie se vakansie
Saartjie se vakansie

Author:
Bettie Naude
Now R78.95
(eB 790)
Trompie die stouterd
Trompie die stouterd

Author:
Topsy Smith
Now R78.95
(eB 790)
Trompie
Trompie

Author:
Topsy Smith
Now R78.95
(eB 790)
Saartjie
Saartjie

Author:
Bettie Naude
Now R78.95
(eB 790)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Uitstekend!
Reviewed by Nita from Jhb on 24 August 2006
9313 of 19844 people found the following review helpful:

As jy 'n Annelie Botes aanhanger is, is hierdie boek 'n defnitiewe moet! Sy vertel op 'n eenvoudige manier meer oor haarself, haar lewe, liefdes & geliefdes. Plek-plek grappig, maar soos altyd roer dit diep aan die hartsnare.....

Was this review helpful?    

Buy this product

Broodsonde

Broodsonde

Now:R175.95
eBucks:eB1760
In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project