Fees van die ongenooides

Author:
P.G. du Plessis
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Out of stock

South Africa


 Fees van die ongenooides Out of stock

Short description

Hierdie roman is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van P.G. du Plessis se vertelkuns. Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy ’n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die Anglo-Boereoorlog, en so word die oorloggegewe ’n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid.

Long description

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto's geneem het. Hy kyk na 'n foto van 'n vrou met 'n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hy die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na 'n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto's die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Product details

Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd
ISBN:
9780624046875
Publication date:
October 2008
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
470g
Pages:
428

Other products to consider

The Pillars of the Earth
The Pillars of the Earth

Author:
Ken Follett
Now R72.95
(eB 730)
Pieternella Van Die Kaap
Pieternella Van Die Kaap

Author:
Dalene Matthee
Now R225.95
(eB 2260)
The Other Boleyn Girl
The Other Boleyn Girl

Author:
Philippa Gregory
Now R107.95
(eB 1080)
Eilande
Eilande

Author:
Dan Sleigh
Now R261.95
(eB 2620)

Out of stock

 Fees van die ongenooides

Fees van die ongenooides

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Visa R200 voucher offer
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project