Harry Potter en die Orde van die Feniks

Author:
J.K. Rowling
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R239.95
eBucks:eB2400

More buying options:

South Africa

Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller

Harry Potter en die Orde van die Feniks

Short description

Die vyfde boek in die baie gewilde Afrikaanse reeks vertalings van die Harry Potter boeke. Janie Oosthuysen, bekroonde vertaler en skrywer in eie reg, toor behoorlik met woorde om die Afrikaanse uitgawe net so boeiend en betowerend te maak as die oorspronklike.

Long description

Harry Potter staan aan die begin van sy vyfde jaar by Hogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns. Anders as die meeste skoolseuns geniet Harry nooit sy somervakansie nie, maar hierdie vakansie is nog slegter. Soos gewoonlik versuur die Dursleys sy lewe en selfs sy beste vriende, Ron en Hermien, skeep hom af. Harry het genoeg gehad. Hy begin voel hy moet iets doen, enigiets, om sake te verander. Maar die vakansie eindig op ’n baie vreemde en dramatiese noot. En by Hogwarts vind Harry dat die lewe amper ondraaglik geword het . . .

’n Boeiende nuwe verhaal vol spanning, geheime en – natuurlik – towerkuns, deur die onvergelyklike J.K. Rowling.

Product details

Translator:
Janie Oosthuysen
Publisher:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN:
9780798143783
Publication date:
October 2003
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
735g
Edition:
1
Pages:
780
Readership:
Children

More buying options

View all 1 new from R100.001 used from R85.00
Queries
R85.00
+ R35.00 Post office delivery
Good
Seller: Emmie  
Delivery: Usually within 5 working days.
0

R100.00
+ R35.00 Post office delivery
New
Seller: T Brough  
Delivery: Usually within 5 working days.
0

    1     

Other products to consider

Wilmien en die geel kat
Wilmien en die geel kat

Author:
Chris Riddel
Now R42.95
(eB 430)
Franse briewe: Pos uit Provence
Franse briewe: Pos uit Provence

Author:
Marita van der Vyver
Now R171.95
(eB 1720)
Saartjie se boetie
Saartjie se boetie

Author:
Bettie Naude
Now R78.95
(eB 790)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Nuwe Harry Potter boek stel nie teleur
Reviewed by Gideon Nieuwoudt from Kaapstad on 04 November 2003
1969 of 4065 people found the following review helpful:

Vir my is Harry Potter en die Orde van die Feniks en Beker vol Vuur die lekkerste twee Harry Potter boeke. Hoekom? Want daar is eenvoudig meer in die boeke. Hulle is langer, wat hulle baie meer volledig maak. Nie langdradig nie; dit het meer diepte en is beter afgerond. En dit is dan ook wat dadelik vorendag kom: die diepte van JK Rowling se vertelling. Al die hoofkarakters in Feniks word baie meer deeglik ondersoek as in die voorafgaande boeke. Harry word voorgestel as 'n tipiese tiener met al die gepaardgaande probleme en veranderinge wat tieners ervaar en aan gewoond moet raak. Ook Ron en Hermione se karakters word baie vollediger ondersoek. In die vorige vier boeke is daar baie punte aangeraak wat eers nou in Feniks meer aandag verkry. Die ware karakters van Harry se ouers, Harry se verhouding met Cho, en die rede waarom Voldemort destyds vir Harry wou vermoor, om maar drie kort voorbeelde te noem. Die boek tel twee maande na die gebeure in Beker vol Vuur op en spring weg teen 'n ongelooflike pas wat Rowling met gemak handhaaf deur die hele boek. Ek moes myself forseer om nie te veel op 'n slag te lees nie sodat die ervaring darem so 'n bietjie uitgerek kan word. Rowling prop belangrike inligting in elke sin in. Orde van die Feniks is baie donkerder as sy voorgangers. Die stryd tussen Harry en Voldemort word al hoe meer uitgelig - en die emosionele impak wat dit op Harry laat word baie goed oorgedra. Die kwota sosiale kommentaar word ook opgestoot. Ek begin al hoe meer oortuig word daarvan dat die Harry Potter boeke lankal nie meer 'n kinderreeks is nie. Ek is jare gelede laas klassifiseerbaar as 'n kind gewees, maar Feniks het dit reggekry om die hare op MY kop te laat rys by tye. Maar dan dink ek terug aan kinderverhale soos Hansie en Grietjie, en ek besef dat ons ook destyds as kinders blootgestel is aan donkerverhale, maar tog het ons heel orraait uitgedraai. Orde van die Feniks is 'n soliede lees en 'n goeie byvoeging tot die reeks. Uiteindelik bly daar nog net een ding oor wat ek kan sê oor dié boek: na amper drie jaar se wag, en ondanks die geweldige opspraak wat wêreldwyd rondom sy bekendstelling gegons het, stel dit nie teleur nie.

Was this review helpful?    

Buy this product

Harry Potter en die Orde van die Feniks

Harry Potter en die Orde van die Feniks

Now:R239.95
eBucks:eB2400
In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project