Long description
Teleurstelling tref almal die een of ander tyd. Selfs Jesus Christus is nie gespaar nie: sy dissipels het Hom teleurgestel, en het Hy dan nie gehuil oor Jerusalem nie? Net so word ons as gelowiges nie teen verydelde verwagtings geïsoleer nie. Wanneer ons kruik van verwagting gekraak is of selfs aan skerwe lê, soek ons onvermoeid na raad en ondersteuning. En daar is ook meestal raad: eenvoudige beginsels wat net weer nugter-gelowig en met nuwe insig toegepas moet word. In 10 maniere om teleurstellings te oorwin vat Izak de Villiers hierdie eenvoudige beginsels saam.