13 Uur

Author:
Deon Meyer
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Was:R198.95
Now:R129.95
eBucks:eB1300

More buying options:

South Africa

Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller

13 Uur

Short description

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs.

Long description

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk le langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. 'Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg. Behoort 'n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en se vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in 'n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in 'n rock-groep met die naam van 'Wet & Orde'. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Product details

Publisher:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN:
9780798150101
Publication date:
October 2008
Length:
222mm
Width:
152mm
Weight:
510g
Pages:
384

Other available formats


More buying options

View all 2 new from R110.002 used from R100.00
Queries
R100.00
+ R35.00 Post office delivery
Like New
Seller: BELLE  
Delivery: Usually within 5 working days.
0

R110.00
+ R35.00 Post office delivery
New
Seller: Simply Books Solutions  
Delivery: Usually within 5 working days.
Comments: New
0

R120.00
+ R35.00 Post office delivery
New
Seller: Simply Books Solutions  
Delivery: Usually within 5 working days.
Comments: New
0

R175.00
+ R35.00 Post office delivery
Like New
Seller: aneleh  
Delivery: Usually within 5 working days.
Comments: Only read once
0

    1     

Other products to consider

Deception Point
Deception Point

Author:
Dan Brown
Now R112.95
(eB 1130)
Millennium Trilogy: The Girl Who Kicked the Hornets' Nest
Millennium Trilogy: The Girl Who Kicked the Hornets' Nest

Author:
Stieg Larsson
Was R129.95
Now R84.95
(eB 850)
Die rebellie van Sloet Steenkamp
Die rebellie van Sloet Steenkamp

Author:
Paul C. Venter
Now R158.95
(eB 1590)
Assegai
Assegai

Author:
Wilbur Smith
Now R89.95
(eB 900)

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Die afwagting is asemrowend!
Reviewed by Estelle from Pretoria, South Africa on 05 April 2011
2105 of 4668 people found the following review helpful:

Ek kon die boek nie neersit voor dit nie klaar gelees is nie, die afwagting begin op die eerste bladsy en dit slaan my asem weg! My hartklop gaan al hoe vinniger in angs vir die vlugtende meisie. Die karakters is baie realisties, ek lag, huil, skrik, vloek alles saam elkeen!

Was this review helpful?    

 

  Wow
Reviewed by Han from Pretoria, South Africa on 18 June 2009
5488 of 11481 people found the following review helpful:

Mens kan Deon Meyer se boeke maar net nie neer sit nie ... 13 Uur is absoluut uitstekend. Ek was omtrent saam met Rachel uitasem (dit voel of ek al hoe vinniger lees!). Ek kan nie wag vir Deon Meyer se volgende boek nie.

Was this review helpful?    

 

  Ongelooflik
Reviewed by Unknown from Paarl on 16 July 2009
5326 of 11180 people found the following review helpful:

Deon Meyer kry dit net elke keer reg om 'n mens tot op die laaste bladsy te boei. Die ontkoping is altyd onverwags en heeltemal onvoorspelbaar.

Was this review helpful?    

See more reviews

Buy this product

13 Uur

13 Uur

Was:R198.95
Now:R129.95
eBucks:eB1300
In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Visa R200 voucher offer
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project