13 Uur

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. more
Author:
Deon Meyer
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

In stock

Delivery:
South Africa Next working day in SA main centres if ordered weekdays before 12h00
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller
3rd Party:
New from R 135.00  | 2 used from R 120.00
Now:
R240.00
eBucks:
eB2 400
Discovery Miles:
2 400
  • Pintrest

Short description

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs.

Long description

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk le langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. 'Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg. Behoort 'n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en se vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in 'n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in 'n rock-groep met die naam van 'Wet & Orde'. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Product details

Imprint:
Human & Rousseau
Publisher:
NB Uitgewers / Publishers
ISBN:
9780798150101
Publication date:
October 2008
Length:
222mm
Width:
152mm
Weight:
490g
Pages:
384
Audience:
General
Pages:
384

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Die afwagting is asemrowend!
Reviewed by Estelle from Pretoria, South Africa on 05 April 2011
2317 of 5071 people found the following review helpful:

Ek kon die boek nie neersit voor dit nie klaar gelees is nie, die afwagting begin op die eerste bladsy en dit slaan my asem weg! My hartklop gaan al hoe vinniger in angs vir die vlugtende meisie. Die karakters is baie realisties, ek lag, huil, skrik, vloek alles saam elkeen!

Was this review helpful?    

 

  Wow
Reviewed by Han from Pretoria, South Africa on 18 June 2009
5719 of 11955 people found the following review helpful:

Mens kan Deon Meyer se boeke maar net nie neer sit nie ... 13 Uur is absoluut uitstekend. Ek was omtrent saam met Rachel uitasem (dit voel of ek al hoe vinniger lees!). Ek kan nie wag vir Deon Meyer se volgende boek nie.

Was this review helpful?    

 

  Ag nee wat
Reviewed by Debbie Pretorius from Rustenburg on 09 May 2010
4204 of 8979 people found the following review helpful:

Ek is alweer bitterlik teleurgesteld in Afrikaanse literatuur. Hier word so ophef van die boek gemaak maar die boek kon net sowel 100 bladsye gewees het. As mens al die gevloek, seks en misbruik van die Here se naam uit die boek haal sal hy heelwat dunner wees. Hoe kan ons jongmense van vandag 'n liefde vir lees wil gee as dit al is wat ons kan lewer. Ek kan nie dink dat 'n persoon wat lief is vir lees sulke taalgebruik kan verduur nie. Ek kon nie.

Was this review helpful?    

See more reviews

More buying options

Sell yours here
Showing 1-10 of 3 listing(s).
Price Condition Seller Comments Buy from 3rd Party
R120.00 + R35.00 Post office delivery Good melanie strachan

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
24 Dec 2012
Location:
Pretoria, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Add to basket
R130.00 + R35.00 Post office delivery Good Nicolene Boshoff

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
28 Dec 2010
Location:
Pretoria, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Comments: Excellent condition, only read once and book is very clean, but a drop of tea fell on the corner of page 253.

Add to basket
R135.00 + R35.00 Post office delivery New Simply Books Solutions

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
06 Aug 2010
Location:
Sandton, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Comments: New

Add to basket