Short description
Met meer as 1,92 miljoen kykers is 7de Laan een van die gewildste programme op SABC2. Nou deel sewe van die mees geliefde sepie-karakters hul gunstelinggeregte, soos dit op die TV-program verskyn. Die 75 resepte, spesiaal geskryf om by die draaiboek en karakters in te skakel, en deeglik getoets, dek die hele spektrum van lekker eet.