Long description
Daar gaan nie ’n enkele dag verby dat ons nie wens om uit ons sleurbestaan weg te stap na ’n nuwe lewe in Christus nie. Hierdie onuitgesproke versugting lê talle Christengemoedere vol en wag om deur gerigte geestelike leiding te ontbrand tot nuwe inspirasie. In Aan my Vader se voete sal Stephan Joubert jou daagliks lei om hierdie potensiaal in jou eie lewe te ontgin. Elkeen wat God ken, weet dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees as net ons dag tot dag bestaan. En dit is inderdaad ook so. ’n Lewe vol hoop en innerlike vrede is ook binne ons bereik. Maar om hierdie lewe te bekom vra eise en toewyding. Dís beskore vir diegene wat regtig moeite doen om God se pad te stap.