Afdraai

Author:
A.H.M. Scholtz
Format:
Softcover

Available new & used:

South Africa


Afdraai Only from 3rd party sellers

Long description

AHM Scholz het Afrikaanse lesers se harte verower met sy merkwaardige debuut, Vatmaar. Toe was daar Langsaan die vuur, 'n boek met vyf aangrypende lewensverhale. Met sy tweede roman, Afdraai, keer Scholtz terug na die wye hoek waaruit Vatmaar vertel is.

Afdraai is 'n roman vol onvoorspelbare wendinge en met ’n nuwe toonaard vir Scholtz: naas die warm, mensliewende mense van Vatmaar, staan daar nou die ry onvergeetlike figure van Afdraai.

Oorlog en politieke omwentelinge – die Anglo-Boereoorlog, die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog, die instelling van apartheid – is die agtergrond waarteen ’n aantal Suid-Afrikaners se lewens onlosmaaklik verstrengel raak. Deur liefde en haat en uitgelewerdheid aan ’n gemeenskaplike lot, kruis die pad van die blas Hester Olivier, bywonersvrou op Brinks Pos, weer en weer met dié van voortrekker-nasate in haar omgewing. Ook Regina Taylor, Edith Juries, Pietro Rossellini en Mula Photso van Brinks Pos, en Taliep Samuels, Israel Levine en die Cloetes van Afdraai word ingeweef in ’n verhaal wat tot in die derde en vierde geslag gevolg word.

Soms bring die verweefdheid vreugde, meer dikwels pyn. Sonder om kant te kies en sonder versagting, beeld Scholtz, 'n meesterverteller en mensekenner, die sterkte en swakhede van sy karakters uit – die wat hoog was en tot ’n val kom, die nederiges wat verhef word; die wat seermaak én die wat seerkry.

"Met Afdraai sny die verteller laag op laag van die Suid-Afrikaanse geskiedenis oop, tot op die been selfs … Afdraai is ’n knap kroniek – knap vanweë die krag van sy eenvoud, die byna naïwe vertelstyl, die fyn flitse karakterisering en, bowenal, die onmiskenbare strekking van menslikheid en van ‘vergeefnis’ en ‘versoening sonder maat’, soos die skrywer is sy opdrag bepleit." George Weideman, Rapport

Product details

Publisher:
Kwela Books
ISBN:
9780795700620
Publication date:
January 1998
Length:
213mm
Width:
137mm
Thickness:
14mm
Weight:
240g
Edition:
1
Pages:
200
First published:
10/15/1998

More buying options

View all 1 new from R50.00
Queries
R50.00
+ R35.00 Post office delivery
New
Seller: THARINA  
Delivery: Usually within 5 working days.
0

    1     

Other products to consider

Shantaram
Shantaram

Author:
Gregory David Roberts
Now R162.95
(eB 1630)
Langs die kampvuur: Ware Suider-Afrikaanse Stories
Langs die kampvuur: Ware Suider-Afrikaanse Stories

Author:
Roger Webster
Now R173.95
(eB 1740)
Klawervier
Klawervier

Author:
Annelie Botes
Now R157.95
(eB 1580)
Agaat
Agaat

Author:
Marlene van Niekerk
Now R311.95
(eB 3120)

Buy this product

Afdraai

Afdraai

Only from 3rd party sellers

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Visa R200 voucher offer
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project