Bella-Blom en die Besonderse Ses

'n Uitbundige kleur-feesviering van 'n kinderboek! Die illustrasies is SO ongelooflik pragtig, dat jy dit wil uitskeur en teen die kinderkamer-muur... more
Author:
Marguerite Moon; Marguerite Moon
Format:
Hardcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Delivery:
South Africa Usually within 8 working days.
Seller:
kalahari.com
Now:
R80.00
eBucks:
eB800
Discovery Miles:
800
  • Pintrest

Short description

'n Uitbundige kleur-feesviering van 'n kinderboek! Die illustrasies is SO ongelooflik pragtig, dat jy dit wil uitskeur en teen die kinderkamer-muur opplak. En die geitige storie oor Bella-Blom en ses baie spesiale feetjies, maak dit vir ouer én kind 'n heerlike leeservaring. Die grootte van die boek (+/- 26.5cm x 18cm) en die feit dat dit hardeband is, maak dit terselfdertyd duursaam en maklik om vas te hou - vir die voorleser en vir ondersoekende klein handjies.

Long description

"Lewensles prettig en kleurryk oorgedra"
Bella-Blom is in haar noppies met haar nuwe skoenlapper-ring, maar selfs meer verras toe die ring haar slapenstyd na feetjieland neem. Hier ontmoet sy ses onwaarskynlike feetjies wat glad nie lyk soos die fyn wesentjies in haar storieboeke nie: Slurpie is plomp en rond, Langalinga is langer as wat betaamlik is vir enige feetjie, Donkermaan is die kleur van die nag, Sushi se skewe ogies mis niks nie, Snoedel se enorme neus is groter as haar gesig en Wimpel is van middelmatigheid aanmekaargesit. Tog het elke feetjie die een of ander talent wat hulle die heerlikste, opwindendste speelmaats in pragtige feetjieland maak. Dís die les wat Bella-Blom se vlieënde ring haar wil leer – dat talente en gawe mense in alle groottes en vorms kom." - Verkorte resensie: Susan Cilliers, Beeld.

Product details

Imprint:
Genugtig! Uitgewers
Publisher:
Genugtig! Uitgewers; Joho! Publishers
ISBN:
9780980260656
Publication date:
November 2007
Length:
270mm
Width:
180mm
Weight:
385g
Pages:
44