Short description
Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”.
Long description
Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zeferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd…
Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie.
In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp aanraak – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise.
Maar die tyd is ryp vir ’n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.
Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Ry dit Bloots
Reviewed by Unknown from Kempton Park, South Africa on 03 May 2013
Iets Alternatiefs as die gewone ... maar met 'n stoute kinkel. Ry hom Bloots!
Was this review helpful?