Blou Bulle

Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier -- trots oor die prestasies van die spelers van die... more
Subtitle:
70 Jaar van Glorie
Author:
van der Berg, Wim; Gerhard Burger
Format:
Hardcover

Delivery:
South Africa Usually within 8 working days.
Seller:
kalahari.com
Now:
R198.00
eBucks:
eB1 980
Discovery Miles:
1 980
  • Pintrest

Short description

Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier -- trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle.

Long description

Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier – trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir ’n onafhanklike unie beywer het suksesvol nagestreef is. Blou Bulle: 70 Glorie Jare is nie bedoel om ’n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel het.

Die hoogtepunte – en ook laagtepunte – word in die boek gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wêreld; so ook die probleme tydens die oorgang na professionalisme. Die rol van die skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik ’n enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners staan.

Dit is geen toeval dat die Blou Bulle die enigste Suid- Afrikaanse span is wat die Vodacom Super 14-reeks kon wen nie; of dat Noord-Transvaal en die Blou Bulle die Curriebeker 18 keer gewen het uit die 48 keer dat daar om die trofee gespeel is; en in 30 van die 48 eindstryde gespeel het waarvan 18 gewen is en 4 gelykop geëindig het. Maar veel meer as dit is hierdie verhaal van Noord- Transvaal en die Blou Bulle ’n hulde aan diegene wie se harde werk en lojaliteit die unie deur die jare gedra het. Ryklik geillustreer met onlangse foto’s asook foto’s uit die argiewe en propvol statistieke om uit te ruil. Hierdie boek is die ideale geskenk vir mans die Kersfees.

Product details

Imprint:
Penguin SA
Publisher:
Penguin Book Group
ISBN:
9780143025863
Publication date:
November 2008
Length:
225mm
Width:
195mm
Weight:
644g
Audience:
General

Customer reviews & ratings