Short description
? Storie oor die laaste fase van die Grensoorlog soos beleef deur ? junior offisier van 32-Bataljon.
Long description
Hierdie titel gaan oor die "bos", oorlog en ook mense. Dit vertel die storie van 'n jong man wat in die laat 1980's by die Suid-Afrikaanse Weermag vir diensplig aanmeld en neem die leser op 'n kragtoer vanaf Basies en offisiersopleiding tot in die bosse van Namibie en Angola tydens die laaste gevegte van die Grensoorlog. Dit vertel van strawwe opleiding, 'n lewe in die Caprivi asook konstante operasionele ontplooiing. Verder beskryf die titel ook die gebeure direk na die oorlog en vertel die storie van 'n enheid en sy mense tydens hierdie fase. Ook deel die skrywer sy gewaarwordinge van dinge soos die realiteite van oorlog en ideologie; van kameraadskap, verlore onskuld en hoop.