Short description
Praktiese riglyne vir die uitgdagende, maar belonende paadjie van die huwelik
Long description
Ja, om getroud te wees is anders as om met iemand uit te gaa. Dis anders as om aan iemand verloof te raak. Dis selfs anders as om saam te woon. Want jou troudag is die deur na 'n totaal nuwe lewe. Die dae na die troudag is onafwendbaar gevul met die radikale veranderings wat 'n huwelik meebring.
En dit is hierdie veranderings waarop baie huwelikspare nie voorbereid is nie. Omdat hulle dink dat die huwelik sommer net wonderlik sal wees, dat die sprokiesverhaal-oomblikke van die troudag vir altyd bewaar sal word. Wanneer hulle dan gekonfronteer word met die harde werklikheid van die huwelikslewe, ontdek hulle met 'n skok dat dit nie net maanskyn en rose is nie. Hulle ontdek dat die huwelik soms eise stel wat jou laat voel dat jy dit nooit sal bereik nie! En soms voel dit selfs asof die huwelik in 'n doodloopstraat is.
Praktiese riglyne vir die man en vrou om koers te hou op die uitdagende maar belonende pad van die huwelik. En om die bestemming van 'n gelukkige huwelik suksesvol te bereik.
'n Uitmuntende boek vir elke egpaar - vir die wat nog in die wegspringblokke staan, vir die wat reeds 'n paar tree gevorder het en vir die wat iewers langs die pad vasgehaak het.
Customer reviews & ratings