Short description
Branders van liefde: twee van Chanette Paul se gewildste romantiese komedies in een bundel.
Op Soek Na 'n Held
Kiara se lewe is onderstebo en deurmekaar. Haar buurman lyk soos 'n hunk, maar is eerder 'n kruising tussen die duiwel en Atilla die Hun.
Porselein Van Staal
Sasha vertrek saam met Sebastiaan op sy ekspediesie Mosambiek toe, en als gaan goed... totdat hy uitvinf sy's nie 'n man nie!
Long description
Branders van liefde is 'n heruitgawe van twee van die skrywer se gewildste romanses, naamlik Op soek na 'n held en Porselein van staal wat beide in 2005 verskyn het. Op soek na 'n held - Kiara Albertyn se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onklaar, sy kry nie 'n held vir haar jongste boek nie ... En dis nie al nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n hunk, het die naam van 'n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen die duiwel en Atilla die Hun. Porselein van staal - Toe Sasha saam met Sebastiaan van der Linde op sy ekspedisie Mosambiek toe vertrek, weet niemand sy's 'n vrou nie. Sy vermom haar as 'n man omdat sy tot elke prys moet saamgaan. Maar Sebastiaan sal haar nooit toelaat nie, want hy kan vroue nie verduur nie en fotograwe nog minder. En sy is albei.