Short description
In hierdie Afrikaanse biografie oor Prinses Diana, neem die skrywer ons op 'n toer deur die merkwaardige vrou se lewe. In lekker gemaklike en ondersoe-kende styl, word baie interessante inligting oor Diana byeengebring.
Long description
In hierdie Afrikaanse biografie oor Prinses Diana, neem die skrywer ons op 'n toer deur die merkwaardige vrou se lewe. In lekker gemaklike en ondersoe-kende styl, word baie interessante inligting oor Diana byeengebring. Wat die boek verder uniek maak is onder meer: Dit is die eerste Afrikaanse boek wat 'n volledige biografiese oorsig oor Diana se lewe gee en wat die volle spektrum van haar lewe dek. Hierdie is die eerste en enigste boek (sover) wat ook die finale ondersoek na die oorsake van Diana se dood, tien jaar na haar dood, insluit. In die titel is veral klem gelê op die menings van die voorste kenners van Diana se lewe, ten einde gesaghebbende uitsprake oor die verskillende fasette van haar lewe te kan verkry; anders as feitlik al die ander boeke wat oor Diana geskryf is, waar die outeurs hoofsaaklik hulle eie menings vanuit een bepaalde hoek weergee. Tussendeur, in elke hoofstuk, gee die outeur ook haar eie vertolkings vanwee haar oorsigtelike kennis van Diana en veral in die inleiding en slothoofstuk is daar heelwat van haar eie sienings oor die wel en wee van Diana en die betekenis van haar unieke rol in die Brit-se monargale geskiedenis. Die outeur het getrag om soveel as moontlik 'nuwe' en minder aangehaalde feite te verstrek wat nie in al die ander bronne verskyn het nie. Daar is ook gekyk na kontroversiële ('sappige') insidente en episodes wat die leser sal boei. Die finale opspraakwekkende ondersoek, tien jaar na Diana se dood, wat in Oktober 2007 begin het en in April 2008 afgehandel is, word volledig gedek. Hierdie nuuswaardige ondersoek het R140 m gekos en meer as twintig advokate was by die saak betrokke. Ook uniek en lesenswaardig in die boek is die hoofstuk met opsommende gegewens wat Dia-na se uniekheid en beroemdheid beklemtoon; die kronologiese weergawe van die verloop van haar lewe; die huldeblyke wat met haar afsterwe ontvang is en Diana se stamboom.