Die publikasie van The Afrikaners – Biography of a People in 2003 veroorsaak ’n beroering en die boek word ’n onverwagse topverkoper. Te midde van die oorweldigende reaksie klink die oproep vir ’n Afrikaanse weergawe telkens op. Met Die Afrikaners – ’n Biografie gee Hermann Giliomee hieraan gehoor. Hy vervleg die jongste internasionale insigte met ’n leeftyd van sy eie navorsing in ’n pakkende, vars relaas oor ’n omstrede onderwerp.
The Afrikaners – Biography of a People was 2003’s most talked about book. In this Afrikaans version, Giliomee directly addresses his own people in a less academic but no less compelling or controversial book. A highly readable narrative story of a group often despised, never before so well understood. Giliomee tells their story – of contradictory leanings towards freedom and oppression – in all its drama and irony.