Short description
Hierdie boek belig deur middel van die treffende wisselwerking tussen beeld en teks – baie van die maatskaplike aspekte van die Anglo-Boereoorlog wat dikwels in ’n meer algemene benadering oor die hoof gesien word. Wat aan die bod kom, is onder meer die Boerelewe op kommando, die Britse Tommy se ervaring van die ongenaakbare veld, die lot van krygsgevangenes en die slagoffers (meestal vroue en kinders van die Britse magte se verskroeideaardebeleid) en die rol van swart mense in die stryd – 'n aspek wat tot onlangs nie na waarde geskat is nie.