Short description
Jy hoef nie 'n motorfiets te besit om deur Die Bike-boek meegesleur te word nie. Die meer as 30 verhale is gerig op enigeen met ’n sin vir avontuur en ’n greintjie van die adrenalienslaaf in hom (of haar!).
Long description
Jy hoef nie 'n motorfiets te besit om deur Die Bike-boek meegesleur te word nie. Die meer as 30 verhale is gerig op enigeen met ’n sin vir avontuur en ’n greintjie van die adrenalienslaaf in hom (of haar!). Dit vertel onder andere van bikers se fisieke en spirituele ervarings op die oop pad, die kameraderie, wat presies by rallies gebeur en die ewigdurende stryd tussen motoriste en motorfietsryers. Die titel bevat persoonlike vertellings en sketse deur gewilde Afrikaanse skrywers, maar ook gewone, passievolle bikers met ’n flair vir woorde. Wees gewaarsku: as jy nog nie ’n motorfiets besit nie, gaan jy een begeer ná Die Bike-boek.