Die Bybel Roman Vir Kinders spesiaal vir kinders geskryf sodat hulle die storie van die Bybel van voor tot agter in die regte volgorde kan lees. Dit sal kinders help om 'n prentjie in hulle kop te teken sodat die dinge wat hulle al klaar van die Bybelse gebeurtenisse weet, mooi inmekaar kan pas. Dis belangrik dat ons die Bybelse verhaal moet lees, want dit help ons om te verstaan hoe God oor die wereld en oor ons dink. So leer ons God beter ken en kan ons ook begin verstaan hoekom dit nodig was dat Jesus na ons aarde toe moes kom.
Die Bybel Roman Vir Kinders bevat nie alles wat in die Bybel staan nie (dan sou dit ook 'n baie dik boek gewees het), maar die belangrikste mense en gebeurtenisse is daar. Kinders sal dit sommer maklik self kan lees of anders kan hulle vir Pappa, Mamma, Boetie, Sussie en natuurlik vir Oupa en Ouma vra om dit vir hom/haar voor te lees en saam met hulle te geniet.