Short description
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis, waarvan die eerste twee: Die towenaar se neef, deur André P Brink vertaal en Die leeu, die heks en die hangkas, deur Helene de Villiers vertaal, reeds in die laat sestiger jare verskyn het. Die derde en vierde verhale, Die perd en sy seun en Prins Kaspian is deur die gewilde en bekroonde Janie Oosthuysen vertaal, en verskyn vir die eerste keer in Afrikaans.
Long description
Hiermee die publikasie van vier van die sewe baie gewilde verhale van Narnia deur C S Lewis, waarvan die eerste twee: Die towenaar se neef, deur André P Brink vertaal en Die leeu, die heks en die hangkas, deur Helene de Villiers vertaal, reeds in die laat sestiger jare verskyn het. Die derde en vierde verhale, Die perd en sy seun en Prins Kaspian is deur die gewilde en bekroonde Janie Oosthuysen vertaal, en verskyn vir die eerste keer in Afrikaans. Die vertaling van verdere Narnia-verhale sal afhang van die sukses van hierdie vier boeke. In Die leeu, die heks en die hangkas kom Peter, Edmund, Susan en Lucy toevallig af op die wonderwêreld van Narnia. Maar daar is onmiddellike gevaar vir hulle in die vorm van winter en die Wit Heks. Gelukkig is daar Aslan, die magtige leeu, wat hulle help om die bose betowering te keer.