Short description
Hierdie belangrike bundel verhale het in 1996 verskyn onder die titel "So lief as wat daardie hoender vir 'n skoot is". Die heruitgawe sluit twee nuwe verhale in: "Die dikwielfiets" en "Die kerk van die holiness".
Long description
Hierdie belangrike bundel verhale het in 1996 verskyn onder die titel "So lief as wat daardie hoender vir 'n skoot is". Die heruitgawe sluit twee nuwe verhale in: "Die dikwielfiets" en "Die kerk van die holiness". Die vertellerstem is die van Piet Mavhetha, 'n Venda-pastoor, wat met eenvoud en humor vertel van sy mense agter die Soutpansberg en hul swaarkry. Die titels van die stories is reeds sprekend, bv "Ons kry clinic", "Die maand van die honger", "Skool maak meisies mal".