Short description
Pieter Francken is 'n vaal middelklasmannetjie. Sy vrou is onaantreklik en dominerend. Boonop is hy ongelukkig by sy werk wat hy deur inmenging van sy manipulerende swaer gekry het.
Long description
Pieter Francken is 'n vaal middelklasmannetjie. Sy vrou is onaantreklik en dominerend. Boonop is hy ongelukkig by sy werk wat hy deur inmenging van sy manipulerende swaer gekry het. Een van sy werknemers - Daniel Cupido - is reeds vir 'n paar dae afwesig. Daarom ry hy op hierdie Vrydagmiddag die Kaapse vlakte in. Net om seker te maak dat Cupido veilig is, want hy het sekerlik 'n verantwoordelikheid teenoor die man.
Maar 'n moord het plaasgevind. 'n Motor is gesteel. Die son sak en 'n skadunag word ingelei; 'n vlaktenag waarin plig en versuim vir Francken 'n nuwe gesig kry.
Customer reviews & ratings