Short description
Deur die geskiedenis was die geboorte van elke volk geen sekulere gebeurtenis wat vooraf deur rasionele afspraak bepaal is nie. Dit gaan altyd gepaard met bloed en tragedie, iets waarmee die naam Bloedrivier sinoniem is.
Long description
Deur die geskiedenis was die geboorte van elke volk geen sekulere gebeurtenis wat vooraf deur rasionele afspraak bepaal is nie. Dit gaan altyd gepaard met bloed en tragedie, iets waarmee die naam Bloedrivier sinoniem is. Ook die Franse volk het nie ontstaan tydens die sekulere Revolusie van 1789 nie, maar toe Johanna van Arkel in 1429 deur God geroep is om die opstand teen die Engelse besettingsmag te lei. In hierdie vernuwende perspektief op die Gelofte van 1838 word die begrip gesien as logos in die Griekse sin, as "woord", wat tegelyk ook die "onderliggende struktuur van dinge" beteken. Binne die nuwe kultuurkonfl ik wat sowel plaaslik as globaal woed, kan die gelofte geinterpreteer word as, eed van getrouheid aan die Westerse beskawing, aan die logos as Christelike leer maar ook as ratio occidentalis oftewel Westerse rede. Die Gelofte spoor ons aan tot die deug, soos dit verwoord is in Plato se dialoog, die Meno.