Short description
Die geval van die sadistiese swembad is die eerste in ʼn reeks met die twee eksentrieke maar dodelik effektiewe speurders, Flip Pienaar en Connie Kotze. Daar word gereeld ʼn liggaam in die Honeydew Hacienda meenthuiskompleks aangetref waar die tweeling Johannes en Ester Smuts woon. Dié twee tieners begin flink speurwerk doen, maar die situasie is groter as hulle oorskatte vermoëns, en uiteindelik is dit Flip en Connie wat agter die kap van die byl moet kom.