Die melkweg het 'n ster laat val

Author:
Riana Scheepers; Nicci Thabo
Format:
Softcover

Out of stock

South Africa


Die melkweg het 'n ster laat val Out of stock

Short description

Hierdie unieke keurbundel – met verhale so indrukwekkend soos die kosmos – sal vir jou oor die hele geletterdheidspektrum vermaak. Hier die boek is soos een van die sterre: ‘n eiesoortige gebeurtenis, ‘n ontploffing van energie wat die gewone mens klein laat voel.

Long description

Toe die samestellers 'n ope uitnodiging aan die skrywende en nie-skrywende skrywers van Suid-Afrika gerig het "Skryf vir ons 'n storie oor 'n plaas!" - het niemand verwag dat die reaksie so oorweldigend, so oorrompelend sou wees nie. Binne 'n kort bestek is verhale ontvang vanoor die lengte en breedte van hierdie wye en droewe land, maar ook uit Nederland, Belgie, Taiwan, Engeland en selfs Irak. Oor elke denkbare aspek van plaas en boerdery is daar geskryf - van die gul wynlande van die Boland tot die barre droogteveld van die Noordweste en die vloede van die Oos-Kaap. Van waternood tot watersnood, van brande en diere en masjiene, die liefdevolle naasbestaan van mense in 'n afgelee gebied tot verraad en bedrog en verkragting in ruimtes waar min ander mense kom. Die hele geskiedenis van hierdie land is betrek, van die vroegste plase wat uitgegee is aan die eerste vryboere, tot die hedendaagse problematiek van plaasmoorde en -besettings en die wil om te oorleef op 'n stuk grond. Daar is nostalgiese, arkadiese herinneringe, daar is harde werklikhede met min ruimte vir romantiek. Daar is beesplase en wynplase en koringplase en blomplase, daar is plase wat verkoop word en plase wat gekry en geerf word. Die verskyning van die eerste trekker in Namakwaland word beskryf, ook die afskeid van 'n plek wat nie meer plaas is nie, maar 'n gevangenis. Dit is nog net op afgelee gebiede dat mens dit regkry om sterre te sien, die onmeetlike melkweg en die heelal kan bewonder. Soms, soms gebeur dit dat die melkweg een van sy miljoene sterre laat val en gelukkig is die mens wat dit sien! Hierdie bundel is een van daardie sterre, 'n unieke gebeurtenis, 'n ontploffing van energie wat die gewone mens klein laat voel.

Product details

Illustrator:
Tanja Joubert
Publisher:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN:
9780798146883
Publication date:
July 2006
Length:
230mm
Width:
168mm
Weight:
435g
Edition:
New title
Pages:
150
Readership:
Children

Other products to consider

Jy en Toetenkat
Jy en Toetenkat

Author:
Martie Preller
Now R42.95
(eB 430)
Jy en die dinosourus
Jy en die dinosourus

Author:
Martie Preller
Now R84.95
(eB 850)
No image
Arboreta,die heks met die groen hare

Author:
Riana Scheepers
Now R100.95
(eB 1010)
Eclipse
Eclipse

Author:
Stephenie Meyer
Now R108.95
(eB 1090)

Out of stock

Die melkweg het 'n ster laat val

Die melkweg het 'n ster laat val

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project