Short description
Dis tyd vir kiertsregop sit en ore spits vir die immergeliefde Jakkals- en Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By en Tyl Uilspieël, nou in sy vierde druk. Propvol Afrikaanse volksvertellings, met humor en sprankel deur die belangrikste skrywer van Afrikaanse volksverhale. Gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books-uitstalling by die 2004 IBBY-konferensie.