Die stoetmeester

Author:
Etienne Van Heerden
Format:
Softcover

Now:R225.95
eBucks:eB2260

South Africa

Delivery:
Usually within 7 working days.
Seller:
kalahari.com

No image

Short description

Die oopbars van ’n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op ’n verenigde stadsraad op die spits. Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond.

Long description

God sou nooit so 'n spesie bedink nie," se Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas. Die bokke het 'n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom. Hulle, die weemoedige bokke met die spottende geel oe, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits. Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee werelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis hier waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, deur die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwereld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak. Die stoetmeester is, na die satiriese roman Casspirs en Campari's, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. 'n Storie soos min, wat opstaan uit die weeige maar grootse landskap van die Kei.

Product details

Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd
ISBN:
9780624047100
Publication date:
September 2008
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
410g
Edition:
2nd ed
Pages:
336

Other products to consider

Die ontsondiger
Die ontsondiger

Author:
Francine Rivers
Now R99.95
(eB 1000)
The elusive moth
The elusive moth

Author:
Ingrid Winterbach
Now R184.95
(eB 1850)
Triomf: (1ST - 1999)
Triomf: (1ST - 1999)

Author:
Marlene van Niekerk
Now R157.95
(eB 1580)
Slow Man
Slow Man

Author:
J. M. Coetzee
Now R113.95
(eB 1140)

Customer reviews & ratings

Buy this product

No image

Die stoetmeester

Now:R225.95
eBucks:eB2260
The basket has moved
 
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa Premium
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project