Tien jaar gelede is Liz Aucamp deur haar geboortedorp verwerp. Nou, 'n onkoloog op die drumpel van 'n briljante akademiese loopbaan, word sy gedwing om haar verlede in die oë te kyk. Sy bevind haarself terug in Groblersdorp – waar die skindertonge gretig wag om haar te verslind.
In die stowwerige hitte van die Klein-Karoo moet sy weer vir Jans Gildenhuys, die man wat haar jong liefde vertrap het, in die oë kyk. Sy moet die verbete snobisme van Magdel Aucamp trotseer en haar man staan teen Herk Louw. Die prokureur met die sardoniese glimlag en oniks oë wat haar ook bloot op skinderstories veroordeel.
Sophia skep geloofwaardige situasies en karakters wat emosies ervaar waarmee enige moderne vrou kan identifiseer: die onregverdigheid van die lewe, menslike wreedheid en struikelblokke wat oor die mens, veral die vrou, se pad kom. Maar daar loop ‘n goue draad van hoop en optimisme deur die verhaal. Hoewel die roman dus die werklikheid aanspreek, is dit steeds ‘n warm en emosionele storie.