Write a review for this product.
Rate this product.

Ongewone misdaad
Reviewed by Allison on 01 December 2010
147 of 359 people found the following review helpful:
Die inbraak by ‘n skatryk juwelier waarby geen juwele gesteel word nie, laat adjunkkommissaris Pieter van In besef hy het met geen gewone misdaad te doen nie.
Iemand het sy mes in vir die welgestelde Degroofs, maar het daardie persoon ‘n rede? Selfs met die hulp van die skone aanklaer Hannelore Martens wil Van In se ondersoek maar net nie aan die gang kom nie: hy loop hom vas teen sy werkgewers en die halstarrige Degroofs, die teiken van die misdadigers.
Dan wil dit voorkom of die politieke magspel vir die beheer van die Brugse stadsraad die motief is vir die vernedering waaraan die gesin onderwerp word.
Nes in ‘n ou Europese stad is daar talle stegies, doodloopstrate en versteekte ingange. Van In moet elke greintjie ervaring aanwend om op die spoor te bly. Hy moet meedoënloos wees, soos ‘n bloedhond. Tyd is aan die uithardloop.
‘n Puik vertaling deur die bekroonde digter Daniël Hugo van een van die gewildste Vlaamse misdaadskrywers.
Was this review helpful?