Short description
Dit is belangrik om die dag reg af te sluit as 'n mens 'n goeie nagrus wil geniet en verfris wil opstaan.Eindig jou dag met God wys lesers hoe om God te bedank vir sy teenwoordigheid deur die loop van die dag en Hom te vra vir voortgesette beskerming deur die nag. Op haar kenmerkende dinamiese manier bied Joyce Meyer bemoedigende gedagtes wat mense herinner aan God se seën, sy oorvloedige liefde, beskerming en die drome wat Hy vir hulle koester. Eindig jou dag met God sal 'n dieper dimensie aan mense se nagrus gee deur hulle te help om God se vrede en teenwoordigheid te ervaar voor hulle gaan slaap.