Short description
’n Praktiese gids deur Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van Emosionele Intelligensie, saamgestel in reaksie op die stordvloed versoeke van ouers, beraders en onderwysers. Met hierdie boek wys die skrywers hoe maklik dit is om met alledaagse bronne en ’n bietjie ekstra moeite die kinders in jou sorg te help om hul Emosionele Intelligensie te ontwikkel.
Long description
'n Praktiese gids deur Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van Emosionele Intelligensie, saamgestel in reaksie op die stordvloed versoeke van ouers, beraders en onderwysers. Met hierdie boek wys die skrywers hoe maklik dit is om met alledaagse bronne en 'n bietjie ekstra moeite die kinders in jou sorg te help om hul Emosionele Intelligensie te ontwikkel. Navorsing bewys dat Emosionele Intelligensie kinders help om akademies beter te presteer en beter oor die weg te kom met vriende en familie. Hulle is sterkinders wat geleenthede ten beste benut en die meeste maak van wat die lewe hul bied. Gelukkig is Emosionele Intelligensie 'n vaardigheid wat aangeleer kan word. Die boek verskaf, naas agtergrondinligting en wenke, ook hope praktiese aktiwiteite waarvan ouers en onderwysers gebruik kan maak om kinders van alle ouderdomme te help om hul Emosionele Intelligensie te verbeter – en om so hul volle potensiaal te verwesenlik. Die 68 aktiwiteite, toegespits op verskillende ouderdomsgroepe van voorskools tot 16, is pret om te probeer en is spesiaal ontwerp om kinders speel-speel te leer hoe om hulle gevoelens te identifiseer en uit te spreek. Dit lei na beter kommunikasie en help kinders voel hulle is in beheer van hulle emosies, nie slaafs daaraan uitgelewer nie. Hulle leer waag en om terugslae as deel van die lewe te ervaar. 'n Noodsaaklike hulpmiddel vir almal wat met kinders werk, of wat self kinders het.