Emosionele intelligensie

Subtitle:
'n Werkboek vir volledige menswees
Author:
Ronel le Roux; Rina de Klerk-Weyer
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R189.95
eBucks:eB1900

South Africa

Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com

No image

Short description

Emosionele intelligensie word toenemend beskou as meer bepalend vir 'n suksesvolle en sinvolle lewe as IK. Dit bevorder blywende, gelukkige verhoudings en beroepsvooruitgang. EI word nie reeds by geboorte vasgele nie, maar kan regdeur jou lewe ontwikkel w

Long description

Emosionele intelligensie word toenemend beskou as meer bepalend vir 'n suksesvolle en sinvolle lewe as IK. Dit bevorder blywende, gelukkige verhoudings en beroepsvooruitgang. EI word nie reeds by geboorte vasgele nie, maar kan regdeur jou lewe ontwikkel word. Leer jouself ken, aanvaar jouself en weet waarna jy streef. Raak bewus van ander mense se gevoelens en maak 'n verskil in hul lewe. Emosionele intelligensie: 'n Werkboek vir volledige menswees verduidelik wat emosionele intelligensie is en wys hoe jy dit kan verhoog. Bied 126 maklike aktiwiteite om jou EI-vermoens te ontwikkel, met aandag aan jou intellektuele, fisieke, sosiale en spirituele vaardighede. Bewese, praktiese metodes om persoonlike vervulling en beroepsukses te bereik.

Product details

Publisher:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN:
9780798149822
Publication date:
September 2008
Length:
280mm
Width:
215mm
Weight:
510g
Edition:
2nd ed
Pages:
200

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  EI is belangriker as IK
Reviewed by Mej Allison Griffiths from Kuilrivier on 03 October 2008
598 of 1270 people found the following review helpful:

Emosionele Intelligensie: ‘n Werkboek vir Volledige Menswees deur Dr. Rina de Klerk-Weyer & Dr. Ronél le Roux Almal praat deesdae oor Emosionele Intelligensie en dit word van groter waarde beskou as die vlak van jou IK. Jy kan selfs toetse aflê om te kyk hoe emosioneel intelligent jy is. Dié boek is ‘n werkboek. So moenie verwag dat jy agteroor kan gaan sit en jouself emosioneel slim lees nie. Jy sal moet wérk. Die inhoud is goed ingedeel en die aktiwiteite is gelys. So jy kan gerieflik blaai na ‘n afdeling wat onmiddellik van toepassing op jou is, en daardeur werk. Daar’s ‘n bondige inleiding en die boek is geskryf deur die twee voorste kenners van EI in Suid-Afrika, Dr. Rina de Klerk-Weyer en Dr. Ronél le Roux. Wat die boek nóg beter maak, is dat jy dit kan gebruik sonder deur ‘n ekstra notepad langs jou te hê, want jy kan in die boek skryf en werk. Boonop is die papier waarop die boek gedruk is, omgewingsvriendelik. Die waardevolste boek van sy sort op die EI-gebied – Prof. P. Salovey, Departement van Sielkunde en Dekaan van Yale-universiteit

Was this review helpful?    

Buy this product

No image

Emosionele intelligensie

Now:R189.95
eBucks:eB1900
In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project