Lekkerleesfeite in ’n boek waarvan die inhoud gemik is op leerders in die intermediêre skoolfase (graad 4 tot 6). As basiese, algemene naslaanboek integreer dit al die leerareas van die nasionale kurrikulum, naamlik:
Kuns en kultuur
Ekonomiese bestuurswetenskap
Sosiale wetenskap (Geskiedenis en Aardrykskunde)
Natuurwetenskap
Lewensoriëntering
Wiskunde
Taal en
Tegnologie
Benewens die basiese inligting wat leerders op skool ook sal dek, bevat elke afdeling hope bykomende feite, stories en verwysings na ander bronne en webtuistes sodat kinders regtig hulle feiteontdekkingstog kan geniet. Hier is nou ’n boek wat hulle aandag sal vasvang met feite soos: Die sterkste spier in jou lyf, is die een waarmee jy byt!