Short description
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan
kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.