Short description
Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dit moet joernalis, Xanthe Tredoux, gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Selfs voordat sy na die afgesonderde landgoed in die berge vlieg, loop dinge skeef. Dis eers toe Xanthe in Paradyskloof aankom dat sy besef sy het hier met ’n heel ander werklikheid te doen ...
Long description
Is Eva van Eden 'n heks of 'n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of 'n onheilsnes? Dit moet joernalis, Xanthe Tredoux, gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Selfs voordat sy na die afgesonderde landgoed in die berge vlieg, loop dinge skeef. In Niemandsdorp ontmoet sy Math Stone en word die volgende oggend in sy bed wakker ... Dis eers toe Xanthe in Paradyskloof aankom dat sy besef sy het hier met 'n heel ander werklikheid te doen. Die hele opset met sy meer, kasteelagtige herehuis, tematuine en labirint is surreeel. Die mense wat sy ontmoet, is net so vreemd as die omgewing. Die grootste skok is egter dat Eva van Eden, die vrou wat sy as bedrieer moet ontmasker, allermins so lyk. Xanthe wil graag glo dat Eva opreg is, maar dis moeilik – veral wanneer een van die gaste dood aangetref word in die Heilige Tuin. Later wil dit lyk asof Xanthe ook in die visier is van die een wat die dood se septer op.