Short description
Hierdie boek herwin die beproefde Christelike ervaring. Help jou om jou stilword in God
te verleng en te verdiep en daarvan 'n groter avontuur te maak.
Long description
God wag reeds in jou hart om jou met onuitspreeklike geskenke te oorlaai
Een van die middele wat God gebruik om gelowiges se lewe al meer te vul, is die tyd wat ons in stilte
alleen met Hom deurbring. Ons besige programme en ons malende en dwalende gedagtes gee ons nie
kans om werklik in ons gebede op God te fokus nie. Dit is 'n algemene klagte... Dié boek stof egter die
ou-ou geheim af: Rus in God en wat Hy reeds in jou doen.
Hierdie boek herwin die beproefde Christelike ervaring. Dit neem jou op 'n reis: terug op die ou
oopgetrapte paadjies wat ons geestelike vaders en die Hervorming in ons kerk gevolg het. Die pad
van praktiese toewyding aan God. Dit help jou om jou stilword in God te verleng en te verdiep en
daarvan 'n groter avontuur te maak - waarin God voortdurend al die dele van jou lewe kan omvorm.
Die nederigheid én die passie van hierdie manier van stilword kan seker nie sterkter gestel word nie as
in die bede van Calvyn wat ook dié boek, Gebed van die hart, stempel:
'My hart, asof geslag, bring ek aan die Here as offer'
Jou gebedslewe, nee, jou ganse lewe elke dag, sal na hierdie gebed van die hart nooit weer dieselfde
kan wees nie.