Short description
In Suid-Afrika, met sy hoe voorkoms van geweldmisdaad, is 'n persoon gelukkig as so-iets hom nognie getref het nie.
Long description
In Suid-Afrika, met sy hoe voorkoms van geweldmisdaad, is 'n persoon gelukkig as so-iets hom nognie getref het nie. Die trauma van so 'n ervaring kan permanente emosionele skade aanrig. Nie-gewelddadige trauma, soos die dood van 'n geliefde of 'n lelike egskeiding, kan egter dieselfde gevolge he. Indien suke emosionele wonde nie aangespreek word nie, kan dit lei tot letsels wat 'n persoon vir die res van sy lewe van sy lewenskwaliteit beroof. Genesing vir trauma stel die slagoffers van trauma en hul naasbestaandes in staat om die persoonlike en fisiologiese effekte daarvan te verstaan en dit dus beter te kan hanteer. Die titel bespreek verskeie spesifieke trauma-situasies soos bankroof, kaping, selfmoord van 'n geliefde en verkragting. Dit verskaf riglyne vir algemene emosionele herstel waarby elke getraumatiseerde mens sal baat en hom sal help om sy lewensreis weer met vreugde en sonder emosionele letsels, voort te sit. Genesing vir trauma is ook 'n hulpmiddel vir elke persoon wat ander wil help om trauma te verwerk.