Gids tot klein tuine

Author:
Keith Kirsten
Format:
Softcover

Now:R136.95
eBucks:eB1370

South Africa

Delivery:
Usually within 7 working days.
Seller:
kalahari.com

Gids tot klein tuine

Short description

In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel.

Long description

In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan ’n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.

Product details

Publisher:
Briza
ISBN:
9781875093960
Publication date:
September 2007
Length:
260mm
Width:
210mm
Weight:
662g
Pages:
160

Other products to consider

Wat kan ek plant?: Jou blitsgids tot flatervrye plantkeuses
Wat kan ek plant?: Jou blitsgids tot flatervrye plantkeuses

Author:
Anna Celliers; Tanya Visser
Now R166.95
(eB 1670)
Wenke vir die klein tuin
Wenke vir die klein tuin

Author:
Nancy Gardiner
Now R130.95
(eB 1310)
Designing with Succulents
Designing with Succulents

Author:
Debra Lee Baldwin
Now R283.95
(eB 2840)
The lavender book
The lavender book

Author:
Margaret Roberts
Now R154.95
(eB 1550)

Customer reviews & ratings

Buy this product

Gids tot klein tuine

Gids tot klein tuine

Now:R136.95
eBucks:eB1370
The basket has moved
 
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa Premium
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Become a corporate client with kalahari.com
 
Book donation project