Short description
Wil jy elke dag suksesvol en in beheer voel? Elke man kom by 'n t-aansluiting waar hy moet kies in watter rigting hy sy lewe wil neem te midde van al die eise wat aan hom gestel word. Die skrywer het erns gemaak met die balans in sy besige lewe.
Long description
Wil jy elke dag suksesvol en in beheer voel? Elke man kom by 'n t-aansluiting waar hy moet kies in watter rigting hy sy lewe wil neem te midde van al die eise wat aan hom gestel word. Die skrywer het erns gemaak met die balans in sy besige lewe. Met hierdie oudioboek vertel hy eerlik uit sy eie lewe, gee praktiese raad en deel sterk waarhede uit God se Woord wat man-tot-man met jou sal praat. Gryp die lewe se 12 temas sal jou weer bewus maak van God se plan vir jou. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie CD te luister terwyl jy in jou motor ry of op die rekenaar besig is en jou oop te stel vir God. Hy wil jou deur hierdie oudioboek uitdaag en jou lewe verander!