Short description
Houtkuns is die jongste handwerkgier, en vrolik versierde houtitems is deesdae oral by kunsmarkte te sien. Hierdie gids wys jou hoe om 'n groot verskeidenhied houtitems te saag, verf en aan mekaar te sit - met of sonder sentimentele of humoristiese spreuk
Long description
Houtkuns is die jongste handwerkgier, en vrolik versierde houtitems is deesdae oral by kunsmarkte te sien. Hierdie gids wys jou hoe om 'n groot verskeidenhied houtitems te saag, verf en aan mekaar te sit - met of sonder sentimentele of humoristiese spreuke wat aan elke item sy eie bekoring en idividuele karakter verleen. Daar is aanwysings vir die maak van meer as 50 items, hetsy vir gebruik, dekor of as geskenke, wat deur enigiemand gemaak kan word, ongeag hul vaardigheidsvlak. Om hierdie oorspronklike ontwerp in houtitems te omskep, is maklik, goedkoop en groot pret. Die benodighede is baie basies, wat houtkuns ideaal maak vir tuisteskepping, handwerkmarkte en geskenke. Elke projek word aangebied met volledige aanwysings, voorgestelde wysigings of alternatiewe, en 'n kleurfoto van die voltooide item. Daar is patrone vir al die items agter in die titel, en die inleiding bevat nuttige inligting oor algemene verf- en afwerkingstegnieke wat jou sal inspireer om jou eie ontwerpe te skep. Daar is ook lyste gepaste spreuke en gesegdes, en voorbeelde van maklike letterwerk wat jy kan gebruik.