'n Toevallige waarneming op die oewer van die Dneperrivier dwing biskop Igor Ponomarenko na die afsondering van 'n antieke klooster waar hy 'n vergete kelder ontdek met 'n skat só waardevol, dat dit hom neem op 'n pad van verraad én selfverraad. Dit bring hom in kontak met die mafia en in konflik met die Ortodokse Kerk, 'n spieël van die stryd tussen godsdienstige en sekulêre mag van hedendaagse Oekraïne. Hy ervaar vir die eerste keer die liefde van 'n vrou in die volheid van passie, empatie, lojaliteit en verraad; 'n liefde wat sy bakens verskuif en die fondasie van sy geloof sal toets.
Dit is ook die verhaal van Olja, 'n Chernobyl-weeskind wat vrou word in 'n onvriendelike wêreld, wat bewonder én misbruik word, wat onwillig ingetrek word in die onderstrominge van invloed en manipulasie waarmee godsdienswetgewing tot stand kom.
In die lig van vuur is 'n aksiebelaaide roman wat die lig werp op uiteenlopende fasette van menswees: geloof, verleiding, vrees, lojaliteit en liefde.
A chance observation on the banks of the Dnieper River propels Bishop Igor Ponomarenko to the seclusion of an ancient monastery where he discovers a forgotten cellar with a treasure so valuable that it places him on a path of treachery and self-deceit. It brings him in contact with the Mafia and with the Orthodox Church. For the first time in his life he experiences the love of a woman in the fullness of passion, empathy, loyalty and betrayal; a love that displaces his beacons and tests the very foundations of his faith.