Short description
Ná die hartomleidings moet Christian Lemmer deurentyd sy oog op die "varksnoet" hou; op die ongehoorsame hart in sy borskas. Op Stellenbosch is sy naweekgesin: Christine met die vreemde verlange in haar, en Siebert wat sorg vir opskuddings. In die Goudstad is sy besigheid: Africart.com wat hom neem na stede van die liefde: New York, Berlyn ... Maar daar is ook die geheime woonstel in Seepunt en die gruwel van Harare, waar hy op die spoor van méér as artefakte loop. In die middelpunt is Lewis Stores se jaarlikse Suiderkruis-derby op Matjiesfontein met sy amper magiese wedvlugduifkultuur en eksentrieke karakters. In stede van die liefde is 'n kragtoer van 'n roman.
Long description
Ná die hartomleidings moet Christian Lemmer deurentyd sy oog op die "varksnoet" hou; op die ongehoorsame hart in sy borskas. Op Stellenbosch is sy naweekgesin: Christine met die vreemde verlange in haar, en Siebert wat sorg vir opskuddings. In die Goudstad is sy besigheid: Africart.com wat hom neem na stede van die liefde: New York, Berlyn ... Maar daar is ook die geheime woonstel in Seepunt en die gruwel van Harare, waar hy op die spoor van méér as artefakte loop. In die middelpunt is Lewis Stores se jaarlikse Suiderkruis-derby op Matjiesfontein met sy amper magiese wedvlugduifkultuur en eksentrieke karakters: Miss Edelweiss, musiekonderwyseres, wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Snaarjie, dogter van Piet Windvogel, draadspanner en lekeprediker, sy wat selfs die duiwe met haar vioolspel betower. Tussen die verskyning van die "rotmotor" op die N2 na Stellenbosch en die Pister op Matjiesfontein, verdwyn Snaartjie en ontvou 'n intrige wat hede en verlede bind tot 'n fassinerende eenheid. In stede van die liefde is 'n kragtoer van 'n roman.
"Van Heerden sien met helderheid ... 'n meesleurende kragtoer ... Die roman rys magistraal op uit die skrywer se Afrikaans ... 'n aangrypende boek." (Die Burger, 24 Oktober 2005).
Wenner van die W.A. Hofmeyr Prys vir Afrikaanse Literatuur 2006.