Short description
Wanneer sy aangenome seun in die kruisvuur sterf tydens ’n mislukte rooftog, sweer Tobela wraak. Nie net teen dié wat die jong Pakamile se lewe geneem het nie – nee, hy sal die wapen opneem teen álle misdadigers wat kinders kwaad aandoen, veral dié wat tot dusver daarmee weggekom het. Sy steekassegaai laat ’n bloedspoor agter, ’n spoor wat gevolg word deur speurder-inspekteur Bennie Griessel. Griessel was ’n knap poliesman. Wás… voor die stemme hom begin pla het, hierdie geskreeu in sy kop… voor drank oorgeneem het… voor hy sy gesin begin vervreem het. Dat “vigilante” en geregsdienaar mekaar sal konfronteer, is onvermydelik, maar wanneer ’n Colombiaanse dwelmsindikaat tussenbeide kom en Griessel se eie vlees-en-bloed bedreig, raak die spanning ondraaglik. Dit sal alles eindig – hier by Infanta
Long description
Wanneer sy aangenome seun in die kruisvuur sterf tydens 'n mislukte rooftog, sweer Tobela wraak. Nie net teen die wat die jong Pakamile se lewe geneem het nie – nee, hy sal die wapen opneem teen alle misdadigers wat kinders kwaad aandoen, veral die wat tot dusver daarmee weggekom het. Sy steekassegaai laat 'n bloedspoor agter, 'n spoor wat gevolg word deur speurder-inspekteur Bennie Griessel. Griessel was 'n knap poliesman. Was… voor die stemme hom begin pla het, hierdie geskreeu in sy kop… voor drank oorgeneem het… voor hy sy gesin begin vervreem het. Dat "vigilante" en geregsdienaar mekaar sal konfronteer, is onvermydelik, maar wanneer 'n Colombiaanse dwelmsindikaat tussenbeide kom en Griessel se eie vlees-en-bloed bedreig, raak die spanning ondraaglik. Dit sal alles eindig – hier by Infanta.