Short description
Die loutere aardsheid van De Villiers se gedigte bied 'n stewige basis waarbinne die mistiek pragtig tot sy reg kom. Regdeur die bundel loop die verwewing tussen mens en God, en tussen mens en sy/Sy aarde. Suiwer nostalgie is telkens hier 'n subtiele bind
Long description
Die loutere aardsheid van De Villiers se gedigte bied 'n stewige basis waarbinne die mistiek pragtig tot sy reg kom. Regdeur die bundel loop die verwewing tussen mens en God, en tussen mens en sy/Sy aarde. Suiwer nostalgie is telkens hier 'n subtiele bindmiddel. Nostalgie kan maklik ontaard tot vlak sentiment, maar hier gebeur dit nooit nie. Hierdie bundel van Izak de Villiers sluit aan by sy vorige verse, maar oortref hulle ook met 'n rypheid en diepte wat van die dominee beweeg tot intense belewing van die deurleefde Christen. Die gedigte is vry van enige pretensies. Dit is eg, en menslik. Dit is die mens wat verwonderd staan voor die onbegrypbare, in goddelike en aardse sin.