Short description
In Jesus van Nasaret stel die skrywer die leser bekend aan 'n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met 'n Kinderbybelperspektief.
Long description
In Jesus van Nasaret stel die skrywer die leser bekend aan 'n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met 'n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met 'n Sondagskool- en 'n Katkisasie-perspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid. Die skrywer bespreek ook ander perspektiewe op Jesus aan die hand van verhale in verskeie Bybelboeke asook ander geskrifte. Hierdie titel is die produk van sy studie oor die afgelope 30 jaar waartydens hy Bybelkunde en Ou Testament doseer het. Hy begelei die leser op 'n besonderse manier deur die omstandighede waarin hierdie verhale opgeteken is. Die onderskeid wat hy tref tussen die "historiese Jesus", die "vertelde Jesus" en die "dogmatiese Jesus" help hom om aan te toon dat daar van vroeg af aan verskillende perspektiewe bestaan het. Hy wys ook uit dat daar ten minste drie groepe in die vroee Christendom bestaan het: (1) "Christen-Jode", (2) "nie-Joodse volgelinge van Jesus" (of dan Pauliniese Christene) en (3) "nie-Jode en verhelleniseerde Jode". In die hernieude gesprek oor die Westerse godsbeeld en die goddelikheid van Jesus is Jesus van Nasaret 'n boek van wereldgehalte wat gelees moet word deur enigeen wat opreg en eerlik, in die Christelike tradisie, in die naam van Jesus bid, preek en as pastor optree.
Customer reviews & ratings