Short description
Kralewerk is nog net so verslawend soos altyd, en hierdie titel sal grootliks daartoe bydra dat dit so bly! Dis spesifiek geskryf vir die haastige, ongeduldige kralewerker en heelwat van die meer as 55 oorspronklike kralejuwele kan binne 'n uur of twee vo
Long description
Kralewerk is nog net so verslawend soos altyd, en hierdie titel sal grootliks daartoe bydra dat dit so bly! Dis spesifiek geskryf vir die haastige, ongeduldige kralewerker en heelwat van die meer as 55 oorspronklike kralejuwele kan binne 'n uur of twee voltooi word. Daar is ook verkeie variasies, met die volgende hoofafdelings: Swewende krale, meestal perels en kristal; funky viltjuwele – vinnig en maklik; veelstringhalssnoere in vele kombinasies; armbande vir elke smaak; oorbelle vir elke geleentheid; juwele met koord en knope en veel meer. Duidelike stap-vir-stap foto's en aanwysings word vergesel van lyntekeninge waar nodig, en daar is 'n pragfoto van elke voltooide item.