Short description
Die doelwit van die Kaperjol-reeks is dat leerders hul kontak met Afrikaans as addisionele taal moet geniet.
Long description
Die doelwit van die Kaperjol-reeks is dat leerders hul kontak met Afrikaans as addisionele taal moet geniet. Die leerdersboek bevat ‘n wye verskeidenheid tekste (stories, raaisels, rympies, liedjies) wat die moderne leerder se leefwêreld weerspieël. Deur middle van die kommunikatiewe benadering binne ‘n uitkomsgebaseerde raamwerk word geweldig baie moontlikhede geskep vir die verwerwing van woordeskat, praat-, luister-, lees- en skryfvaardighede, sowel as visuele geletterdheid word speel-speel aangemoedig.
In die Onderwysersgids is daar wenke vir verdere aktiwiteite, riglyne oor hoe om taalverwerwing binne die kommunikatiewe benadering te verseker, leiding oor assessering en opsommende tabelle wat onderwysers bystaan om te verseker dat alle leeruitkomste en assesseringstandaarde van die leerarea Tale bereik word.
Die Kaperjol Graad 3 Leesboek is toegespits op die leesleeruitkoms, en bied binne 'n prettige verhaal geleentheid vir die vaslegging van woordeskat en taalstrukture.