Short description
Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was 'n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton.
Long description
Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was 'n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton. Wat hy so graag wil he. En nou? Nou het "plaasaanval" ontvoering geword. Nou jaag hy soos 'n besetene om 'n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met 'n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is. Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal 'Stiltetyd'.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Karoo Nag
Reviewed by Monice from Fourways, Johannesburg on 28 February 2013
I bought the book for my husband and he loves it.
Was this review helpful?